Friday 17 May 2013

Openbaring 2-3: Die 7 Gemeentes - Jy?


Ek ken JOU werke:

Verseker!!!!!!

Onse Here Jesus ken elke gedagte en daad wat JY doen. Hy ken jou hart, jou getrouheid, of is dit ontrouheid tot Hom!!

Op 2:7 Wie (dit is JY) ‘n oor het, laat hom (JY) hoor wat die Gees aan die gemeentes (Jou) sê. Aan hom (JY) wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is. Verwys ook na "wat oorwin" in; Op 2:11 (Smirna), Op 2:17 (Pergamus), Op 2:26 (Thitire), Op 3:5 (Sardis), Op 3:12 (Filadelfia), Op 3:21 (Laodicense)

Vir almal wat dus oorwin, is daar HOOP!!


Op 12:10-11 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. (11) En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Deur die bloed van die Lam?

Om te oorwin deur die bloed van die Lam in om; te GLO dat jy gered is, eens en vir altyd!!!!

Maar hoe, wonder jy?

Deur die "Woord verkondig as die evangelie (1Pe 1:25 & 1Kor 15:1-4)
Deur die "Woord wat bly tot in ewigheid" (1Pe 1:25)
GLO "dat jy wedergebore is, uit onverganklike saad , deur die Woord wat bly tot in ewigheid" (1Pe 1:23 & 25).

GLO in die Seun van GOD!(1Jn 3:8)

GLO dat jy deelagtig geword het van die natuur van GOD!!(1Jn 3:9)

GLO dat jy uit GOD gebore is omdat sy onverganklike saad in jou is. (1Jn 3:9)

GLO dat jou Goddelike natuur (saad van GOD) nie kan sondig nie. (1Jn 3:9)

GLO dat jy die Heilige Gees ontvang het. (1Co 6:19)

GLO dat jy 'n kind van GOD is. (Gal 4:6)

Wat is jou woord van getuienis?

Altyd; verkondig die evangelie; (1) dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die skrifte; en (2) Christus het gesterwe, en (3) Christus is opgewek op die derde dag volgens die Skrifte (1Co 15:1-4)

'n persoonlike siening?

Efese - Het jy jou geestelike groei en dedikasie vir Jesus verloor? (Op 2:4)
Het jy kennis en die nodige geestelike onderskeiding om valse lering te identifiserr? (Op 2:6)

Smirna - Is jy geheilig, nie van die werled nie? (Op 2:9)

Pergamus - Bevorder jy ongeloof in God, in Jesus? (Op 2:14)
Het jy kennis en die nodige geestelike onderskeiding om valse lering te identifiserr? (Op 2:15)

Tiatire - Bevorder of neem jy deel aan Afgode aanbidding? (Op 2:20)

Sardis - Is jy geestelik dood? (Op 3:1)

Philadelfia - Is jy met die Heilige Gees vervul? (Op 3:8)

Laodisense -Is jy waarlike wedergebore?(Op 3:8)

Wat is die algemene boodskap?

2Pe 3:17-18 Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. (18) Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

Rights (C) 2011 Raymond D Lombard

No comments: