Friday 17 May 2013

Openbaring 4 - Die Wegraping Deel 2 - Die Wegraping vs die sigbare Wederkoms


Die boek Openbaring gee ons antwoorde tov die hiernamaals, die lewe en die dood, die einde van alle dinge, en so ook die klimaks van alle eeue, te wete die sigbare wederkoms van Jesus Christus, die komende oordeel, en die wittroon oordeel oor alle onregverdiges (ongeredde mense).

Die Sigbare Wederkoms.

Matt. 24:29-30 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. (30) En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Op. 19:11-14 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. (12) En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. (13) En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. (14) En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

Die Wegraping en die sigbare Wederkoms is twee aparte gebeure, geskei deur die Groot Verdrukking.

Die boek Openbaring gee ons 'n kronologiese siening van die orde van die eindtyd gebeure waarin ons dus kan sien die einde van die Kerk Era (Op. 2-3), dan die Wegraping (Op. 4:1-4), daarna die Groot Verdrukking (Op. 6:1 - 18:24) en aan die einde daarvan, die sigbare wederkoms van Jesus Christus. (Matt. 24:29-30, Op. 19:11 - 14)

Jesus Christus sal verskyn tydens die volgende twee geleenthede

1) Wegraping of te wel Parousia (Jesus se fisiese verskyning); Jesus verskyn onverwags aan hulle wat Hom verwag tot saligheid, en ontmoet hul in die lug (Heb. 9:28). Hulle sal daarna altyd by Hom bly. (1 Thess. 4:17), en

2) Sigbare wederkoms of te wel apokalips of faneros (Jesus se openbare verskyning); Jesus sal nie in die geheim kom soos wanneer Hy sy Bruid kom haal nie, maar met Jesus se openbaarmaking of sigbaarwording na die Groot Verdrukking, sal Hy aan die hele wereld geopenbaar word as Regter en Koning, SAAM met sy Heiliges. (Sag. 4:4-5, Matt. 24:29-30, Op. 19:11 - 15)

Dit is versker ooglopend dat Jesus se Heiliges (gereddes) in hul verheerlikde liggame tog nie saam met Jesus kan wees nie tensy hul alreeds met Hom verenig was voor sy sigbare wederkoms.

Met die wegraping ontmoet die Kerk Christus in die lug. (1 Thess. 4:17)
Met die wederkoms kom Christus tot op die aarde. (Sag. 14:4-5)

Met die wegraping gaan Christus saam met sy Kerk hemel toe. (Joh. 14:2-3)
Met die wederkoms kom Christus na die aarde om 1000 jaar te regeer. (Op. 20: 4-6)

Die wegraping geskied voor die Groot Verdrukking. (2 Thess. 2:6-7, Op. 4)
Jesus se wederkoms geskied na die Groot Verdrukking. (Matt. 24 21-22, 29-30)

Die wegraping sal slieklik en in 'n oogwink wees. (1 Kor. 15:52, 1Thess. 4:16-17, 1 Thess. 5:1-5)
Jesus se wederkoms na die aarde sal sigbaar wees vir almal. (2 Thess. 1:7-9, Matt. 24:30)

Die wegraping is uitsluitlik 'n Nuwe Testamentiese leerstelling. (1 Thess. 4:16-17)
Die wederkoms is 'n Ou testamentiese sowel as 'n Nuwe Testamentiese leerstlling. (Sag. 4:4-5, Op. 19:11 - 15)

Daarom

Is die Wegraping (Op. 4:1-4) en die Sigbare Wederkoms van Jesus Christus (Op. 19:11 - 14) twee afsonderlike gebeure wat deur die 7 jaar Groot Verdrukking geskei word. (Op. 6:1 - 18:24)

Die Wegraping is die wederkoms van Jesus VIR sy Bruid

Jesus, as ons hemelse Bruidegom, kom onverwags soos 'n dief in die nag (1Thess. 5:2) om sy bruid te haal. Hy ontmoet haar in die lug en voer haar vinnig na die hemel toe om by Hom te wees. (1Thess. 4:16-17, Joh. 14:2-3)

Die sigbare Wederkoms is die sigbaarwording van Jesus MET sy Bruid

Jesus kom weer en word aan die hele wereld geopenbaar as die Regter en Koning (2 Thess. 1:7-9, Matt. 24:30). Hy word vergesel deur sy Bruid en ook sy hemelse leerskare (Op. 19:11 - 14) en kom tot op die Olyfberg.(Sag. 14:4-5)

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

No comments: