Monday 20 July 2009

God se liefde is onvoorwaardelik.

My dagstuk verwys; Liefde is lewe waarin ek aangehaal my spesifieke insig: God se liefde is onvoorwaardelik.

Nou het ek natuurlik gewonder waar kry ek vanuit die bybel dan hierdie insig. Nie maklik nie, moet ek se. Nerens kan ek die woord "voorwaardelik" in die bybel vind nie.

Waar dan nou anders as om by GOD te begin.
Wat GOD belowe gee Hy;
Wat Hy se, doen Hy!

So wat het GOD dus belowe / gese?

Eph 2:8-10 AOV
(8) Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
(9) nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Hoe word ons dan gered deur die geloof?
Rom 10:9-10 AOV
(9) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
(10) want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.


Is dit nie verblydend om te weet dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het vir all ons sondes. Deur Jesus is ons almal kinders van GOD. Nie GOD nie, nie Jesus nie; het vir geen oomblik gewonder of ‘n ons goeie ‘koop’ is nie. Nee, ons is aanvaar net soos ons is en ons sondes is weggewas en ons is die regte verhouding met die GOD geplaas. Ons het en kan absoluut niks doen om dit te verdien nie, dit is ‘n genade gawe van GOD alleen wat ons verlossing en die ewige lewe gee. Al wat ons nou moet doen om net "Ja" te sê vir die roepstem van die Heilige Gees.

Wat is die definisie van voorwaardelik?
Iets in die lyn van om iets slegs te wil doen of laat gebeur indien iemand anders iets doen of laat gebeur?
Is dit dan nie hoe ons daagliks on naastes benader nie? Ek kan vele dinge wat ek doen en se aanhaal wat in teenstryd in met die onvoorwaardelike liefde wat dus niks anders is liefde "nie uit die (voorwaardelike) werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Bless YOU

No comments: