Friday 17 July 2009

Die kwaliteit van my geloofslewe staan in 'n direkte verhouding tot my uitleef van God se Woord.

Ek het gister deur die die dag op Radio Tygerberg aanhalings gehoor uit 2 Petrus 1. Gisteraand het ek my stiltetyd Bybel geneem en dagstuk mbt 2 Petrus 1 gelees.

Menslik wonder 'n mens (ek) nog altyd oor toeval, maar is dit werklik toeval, of maar net weereens ‘n boodskap deur die Heilige Gees gegee?

Die boek gaan oor die roeping en verkiesing van ‘n Christen. Ek verstaan dat die Evangelie, en natuurlik Jesus ‘n passie vir die sondaar het i.e. hoe dan anders vermeerder die Koninkryk van GOD?

Hier lig Petrus ook dan egter uit dat ‘n gelowige, die kind van GOD, ek, jy, elke Christen, ook vir GOD belangrik is. Vir die doel verstaan ek ( natuurlik met insig vanuit my stiltetyd Bybel) dan dat Petrus hier 'n geloofsverykingsprogram ontwikkel om ons geloof se kwaliteit te verbeter

• Stap een:
Weet dat God ons laat deel kry het aan die grootste geskenk wal nog ooit in die wereld geskiedenis uitgedeel is: die ewige lewe . God se prys bied die enigste ontsnappingsroete uit die sonde en die dood. Dit bied toegang tot God se genade, en dit laat ons deel in sy natuur.
2 Petrus 1: 3-4 3His divine power has given us everything we need for life and godliness through our knowledge of him who called us by his own glory and goodness. 4Through these he has given us his very great and precious promises, so that through them you may participate in the divine nature and escape the corruption in the world caused by evil desires.

• Stap twee:
Verbeter die kwalieit van jou geloof deur die volgende:
* Wees deugsaam. Doen die dinge wat God se hart blymaak. Moenie net weet wat reg is nie, doen dit ook.
* Doen soveel moontlik kennis op van God se Woord.
* Kry jou woedebuie en verkeerde begeertes onder beheer. Gee dit aan die Gees oor.
* Volhard heeltyd op God se regte pad, al is dit nie altyd maklik nie.
* Leef toegewyd aan God.
* Maak plekin jou hart vir ander gelowiges, asook vir mense wat nie die Here ken nie.
(2 Petrus 1:5-7) 5 For this very reason, make every effort to add to your faith goodness; and to goodness, knowledge; 6 and to knowledge, self-control; and to self-control, perseverance; and to perseverance, godliness; 7 and to godliness, brotherly kindness; and to brotherly kindness, love.

Petrus se dat as ons dit doen, dan sal daar geestelikeverdieping soos nooit te vore nie in ons lewe sal plaasvind. Dan sal daar 'n ywer en liefde vir die saak van die Here in ons lewe sigbaarwees wat vroeer ontbreek het .
(2 Petrus 1:8) 8 For if you possess these qualities in increasing measure, they will keep you from being ineffective and unproductive in your knowledge of our Lord Jesus Christ.

Ek is van mening dat GOD werklikwaar met my besig is. Ek het al gewonder of verse ( buite konteks ) die regte ding is om aan te haal. So wat doen GOD?;
* Hy lei my op my pad om die Power Cards christelik te vertaal; ek leer verskriklik baie van Sy woord
* Wil jy weet van Liefde; I Korintiers 13
* Wil jy weet van geloof; Hebriers 11
* Wil jy weet van geloofsvolharding: 2 Petrus 1

Is geloof en dan ook die wil tot ondersoek van sy word, dan die GELOOFLIK nie!?

In ons laaste sel byeenkoms het Danie Psalm 1 aangehaal;
1God blesses those people who refuse evil advice and won't follow sinners or join in sneering at God. 2Instead, the Law of the LORD makes them happy, and they think about it day and night.

Spesifiek dan het Danie se boodskap ( vers 2) my aangeraak - and they think about it day and night.

Ek het dit my taak gemaak om hierdie vers te probeer memoriseer en weereens GELOOFLIK is die gevolge dan nie!...Ek kan nie anders as om gedurig dag in en dag uit die woord van GOD te oordink nie!

Dit is my gebed, dat elkeen een van julle, jul families ‘n "christelike gelooflike" naweek sal ervaar. Ek vertrou en weet dat Jesus Christus, ons Verlosser en Heerser van die hemel en aarde, jul sal omvou in liefde, beskerming en die genade van GOD. Mag julle ‘n Jesus naweek beleef!

No comments: