Friday 23 April 2010

Luister na die Gees van God

Aan Johan
('n kollega van my, voorheen van die Ou Apostoliese geloof, tans verwyder vanaf geloof )

Daniel 4 hanteer die val van Nebukadnezar, die grootste heidense koning ( nie Joodse koning ) tot op aarde vandag. Nebukadnezar het in sy voorafgaande jare van koningskap baie met die wil en die almag van GOD te doen gekry. God het hom ( Nebukadnezar ) tot in die grond toe verneder om hom (Nebukadnezar) van GOD se almag bewus te maak. Lees gerus die hoofstuk. Dan 4:37 Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.

Ek het vanoggend lank gebid to onse Vader deur Jesus ons Middelaar. God se Gees het my van jou omstandighede herrinner en ek wil vanoggend net weereens sy almag en liefde met jou deel .

My gebed hiermee is die eenvoudig die volgende; Psa 86:11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

Spesiale sterkte, vertroue, afhanklikheid en seeninge vanaf onse Jesus Christus vir jou vir die naweek. Jul bly in my gebede.

No comments: