Thursday 7 May 2009

Vir DIE MANNE......... EN....... vir die vroue om vir die manne te wys!?

My goeie mentor, Jacques van Rooyen, se getuienis gaan daaroor dat jy Jesus moet romance; sien http://romancejesus.co.za/.

Hy het egter sy getuienis begin met die boodskap dat elke man geroep is om sy vrou te romance en ek het vanaf Jacques se webblad dan die volgende onttrek;

In March 2006 I was ministering at a breakfast in Vredenburg. After the breakfast, a prophetic word was spoken over my life by Mark Visser. The words were the following - romance your wife and spoil your children. I started to do that because I honestly believed that this was a message from God. I could associate with moving into a new level in my relationship with my wife. I also realized that God is speaking a prophetic word about marriages in general. The onslaught of the enemy on marriages and family life during the end times would be severe. The prophecy also mentioned the following - whenever you minister to men, your testimony will be tested by the relationship that you have with your wife and children. Men will look at your marriage. I therefore realized that this was not only a message for me, but one for many men, both Christians and non-Christians. From then onwards I started to send sms text messages to my friends, colleagues and people I do business with – urging them to romance their wives.

Om jou vrou te romance, volgens Jacques, is dus ook 'n baie baie baie belangrike taak van enige Christen om daardeur geloofsgroei te ontwikkel.

Wonderlik is dit dan nie dat ons onsself (DIE MANNE!!!!) maar net weereens op DIE WOORD kan verlaat tot leiding.

Petrus, een van Jesus se apostels, rig die brief 1 Petrus aan alle gelowiges met die boodskap van volharding in geloof en in 1 Petrus 2 begin Petrus met die riglyne aan gelowiges tot gedrag in Christus. Dan in 1 Petrus 3 en spesifiek dan verse 7&8, gee Petrus dan aan die manne en vroue riglyne tov gedrag teenoor mekaar.

1 PETRUS 3: 7-8
(7) Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.(8) Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig.

Dis nou waar die MANNE inkom;

Johan, nog 'n mede manne selgroep vriend, het vanoggend 1 Petrus 3:7 aan ons gegee. Volgens Johan het die Heilige Gees vers 7 aan hom geopenbaar met die insig dat verstandig insluit om geestelik verstandig te wees.

Sy boodskap was dus dan dat DIE MANNE geestelik verstandig moet wees in hul verhoudings met hul vrou (en kinders). Johan het hier spesifiek verwys na nuwe bekeerdes ( soos ek ) en dan ook die bekeerde MANNE wat nou net vanaf Angus gekom het. Ek kan getuig, en jul kan seker ook van my entosiasme aflei, dat GOD en my dryf na kennis van Jesus, baie baie baie van my tyd inneem!!!.

JOHAN SE VRAAG AAN ONS WAS DUS ;
hoeveel tyd spandeer jy dan met jou vrou (en kinders)?
Is jy so besig met jou eie (en GOD) se dinge dat jy hul agterlaat?
Skep jy 'n gaping tussen jou geloofservaringe en groei, ..... en die geloofservaringe en groei van jou vrou (en jou kinders)?

MANNE: WEES GEESTELIK VERSTANDING EN BETREK JOU VROU EN KINDERS IN JOU GELOOFSGROEI!!

Leonard, nog 'n mede manne selgroep vriend, gee toe 1 Petrus 3:8.
Leonard wys DIE MANNE daarop dat hul en hul vrouens eengesind moet wees.

Wees dus eengesind in geloof. Bou saam aan jou geloofsoortuigings en groei saam tot eer van GOD!!!

DANKIE VADER, VIR U LEWENDE WOORD. DANKIE DAT ONS DAARIN KAN LEER HOE OM IN GELOOF U TE EER EN HOE OM IN GELOOF SAAM MET ONS VROU EN KINDERS IN GELOOF TE KAN GROEI.

No comments: