Thursday 21 May 2009

ITISS Desktop Background

Ek het die uitrol van die Background aan GOD oorgegee. Ek vertrou in die werking van sy genade en kan dan vanoggend aan jul noem dat beide Francois (ITISS hoof) en Dianne (Sekuriteits Hoof) hul OK gegee het dat ons dit kan gebruik. Dankie GOD, aan u kom al die eer. Daar is egter 'n versoek dat ons dit met diskressie sal hanteer i.e. "do not offend any other person"


Wat het ek dan bedoel met die stelling dat ek die uitrol van die Background en my boodskap " is dit vir GOD...24x7" met mekaar verband hou?.

Ek kan natuurlik net vir myself praat en ek voel die volgende; Niks is vir my vandag meer belangrik as wat GOD en die Heilige Gees aan my openbaar en diesulke dinge wat ek dan dink prakties moontlik sal wees, sal ek met gebed tot uitvoering probeer bewerkstellig. Dit is dus nie vir my 'n issue om my persoonlike behoeftes ter syde te stel nie, om bv. my persoonlike familiefoto as background te vervang, om altyd gereed te wees om ons Sel te probeer bevorder, om alles moontlik te doen tot verkondiging van Jesus en die Evangelie. Ek glo ook dat gebruik van die background uiteindelik wel sommige sal beinvloed en ons groep daardeur uitbrei.

Niks van wat ek se, moet enige van julle egter beinvloed om wel te doen soos hiermee versoek nie. Ek laat dit oor aan elkeen van julle en GOD om te besluit.

GOD BLESS

No comments: