Friday 15 May 2009

Is GOD nie wonderlik vertroubaar in ons leiding nie!?

More Almal ( aan my Sanlam Selgroep lede gerig),

Ek vertrou jul het 'n aangename, vreedsame en bekommerlose naweek gehad. Gelukkig kan ons as gelowiges op die Here staat maak in als wat ons nodig het!

My naweek was weer "eventfull" Laas Woensdag het my Weeklikse Sel Groep my gevra om hierdie komende Woensdag se sel te "host" Natuurlik het ek 'n paar dae rondgeloop en gewonder oor die tema vir die aand wat ek moet voorle. God het my toe wonderlike leiding gegee maar ook meer as dit!

In my ondersoek het ek besef dat Paulus na Jesus se hemelvaart baie baie baie vir God se koninkryk gedoen het. Seker maar ou nuus vir julle gesoute Christene, maar nuus vir my! Pinkster is om die draai en ek het gisteraand in die kerkdiens leiding gekry oor die voorbereiding tot Pinkster. Ek het natuurlik in onkunde gewonder wat dit eintlik behels.

Vanoggend het ek na gelang van my insigte die naweek oor Paulus, 'n kort rukkie Handelinge gelees.

En wolla, daar staan dit als.....hoofstukke 1 & 2 ; "Hemelvaart tot Pinkster".

Is GOD nie wonderlik vertroubaar in ons leiding nie!?

No comments: