Monday 18 May 2009

Is dit vir GOD..(2)..WAT NOU?

(Aan my Sanlam Selgroep gerig)

Die naweek het GOD weer vele dinge aan my geopenbaar, so ook het die duiwel sy werk prodeer doen. Hieronder een van my ondersoeke en inspirasie vanuit die Woord van God.

As daar een ding is wat GOD aan my openbaar, dan is dit feit dat eke gedagte, elke bekommernis, elke daad, elke "wat ook al" wel in sy Woord geopenbaar word. Ons kan ten volle op die Woord en dan GOD se openbaringe staat maak en 'n geestlike insig en oplossing kry!

In die Gees, weet ek dan ook vandag, dat sulke vraagtekens als die werking is van die duiwel. Twyfel is sekerlik een van sy aanvalle maar in die Gees poog ek dan om dit te omskep in vertroue, vertroue in GOD, in sy Woord!

Het jy dalk al gewonder of dit wat jy van getuig "jou eie is"? Is dit wat jy bv. vandag oor die radio / tydens 'n diens ens hoor, interpreteer, geestelik ondervind, verwoord en dan aan 'n ander oordra " as jou ervaring met GOD" ...Is dit jou ervaring? .....of is jy 'n "copy cat"?..Is jy vals ( pleeg jy plagiaat)?

So, WAT NOU?

In Romeine, skryf Paulus aan die gelowiges van Rome die brief Romeine ten doel daarvan om alle Romeine ( Jode en nie-Jode) in te lig oor die Evangelie. In Hoofstuk 10 gee Paulus aan die Romeinse gelowiges 'n uitleg oor "Die verlossing wat bedoel is vir almal wat glo". Paulus bevestig dat niemand wat in Jesus Christus glo, terleurgesteld sal word as hy of sy met die mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat GOD Jesus uit die dood opgewek het. Bely jy dit, dan word jy gered!

Paulus gaan egter voort in vers 14 vra hy die vrae;

14 "Maar hoe kan 'n mens Hom aanneem as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En Hoe kan jy van Hom hoor sonder dat iemand wat preek? 15 En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie?. Daar staan ook geskrywe: "Hoe wonderlik klink die voetstappe van die wat die goeie boodskap bring!"

14 How, then, can they call on the one they have not believed in? And how can they believe in the one of whom they have not heard? And how can they hear without someone preaching to them? 15And how can they preach unless they are sent? As it is written, "How beautiful are the feet of those who bring good news!"

Dan ook in vers 17;

17 "Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus"

17 Consequently, faith comes from hearing the message, and the message is heard through the word of Christ.

M y interpretasie is dus,

Luister na dit wat ander aan jou oordra ( per radio, bediening, kerk dienstes, by monde , by sel groep ens, ens), maar veral luister na die Heilige Gees in jou!!!!

...en dra met vrymoedigheid aan ander oor wat jy hoor as die Gees jou daartoe lei.

...en dan natuurlike Handelinge 1 : 8 ( sien hieronder) ..."getuig tot in die uithoeke van die wereld" dit wat jy ervaar as die werking van God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees!!!

Handelinge 1: 8; Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld."

Dis my gebed dat die Heilige Gees jul sal inspireer (24x7).

No comments: