Thursday 14 May 2009

is dit vir GOD? (1)

Ek het hierde boodskap, ondersoek van die woord in beide my Sanlam Sel Groep en my Weeklikse Sel Groep gegee ( my eerste aanbieding!). Na my Sanlam Sel Groep aanbieding het ek positiewe terugvoer gekry in terme van “keep it simple” en “Die skrif gedeeltes wat jy daar aanhaal was meestal direk teen die fariseers gerig wat geweldig wetties geleef het.”(sien nog meer in Thys se comment). Ek het toe hierdie “weergawe twee” na verdere ondersoek van die woord, verkort tov die “eerste weergawe” , vers verwysings verander en ook hopenlik met genoegsame van my afleidings en aannames aangevul om die werklike doel van die Evangelie ook uit te wys (volgens my natuurlik, en ek weet dat dit ook deur die Heilige Gees se leiding geskied het!) Natuurlik het ek dan ook die oorspronklike samestelling / vloei behou.

Weergawe Twee!!!

As onlangs nuut gebore Christen (ook van toepassing op Christene in algemeen?) wonder / twyfel ek soms of wat ek doen tot self verheerliking is, of is dit tot ere van GOD?

Ek is in die algemeen besig met die volgende “godsdienstige dade”;

Ek beywer my tot skepping en uitbreiding van GOD se Koninkryk in Sanlam ( lei ‘n Sanlam selgroep)
Ek is entosiasties en wil elke dag iets nuuts probeer tot verkondiging van GOD se woord.
Ek het my blog geskep en wil die gebruik daarvan vir getuienisse hier in Sanlam aanhits.
Ek wil wil desktop background vir ons hier in Sanlam bewerkstellig sodat ons daardeur Christus kan bekendstel in Sanlam
Ek stel emails op en stuur dit na die Sanlam Selgroep en ek wonder of dit hul pla.
Ek het al 3 getuinisse gelewer oor my bekering ( twee daarvan in die kerk ). Is dit wat ek gedoen het reg?
Ek wil L10T opleiding gee, Ek wil.. , Ek wil..

My vraag is dus; Doen ek my godsdienstige dade tot verheerliking van Wieger, of doen ek my godsdienstige dade tot eer van GOD?

Twee gedagtes het by my opgekom nl “opregtheid” en “God weet alles”. In my ondersoek het ek toe probeer vasstel wat die Woord my vertel van GOD se verwagtiginge en gevolge ( goed of straftelik) in terme van pligte / dade / getuienisse en ook dan die leiding en gevolge van opregtheid in terme van gehoorsaamheid en geloof.

Gedurende Jesus se Bergrede lewer Jesus aan sy dissipels verskeie uitsprake tot uiting van sy koninkryk en Matteus 6 het dan volgens my betrekking op my godsdienstige dade. Ek weet natuurlik dat Jesus hierdie waarskuwings aangehaal agv die gelowiges van daardie tyd wat die wette “verdraai het tot ‘n letterlike uitvoering”, sonder inagneming van dit wat GOD eintlik daardeur wou bereik ( wat ons nou deur middel van die nuwe testament ken as die Waarhied, die Lig, Jesus, Jesus Liefde, die Evangelie). Die aanname wat ek hier maak, is dat my bogenoemde godsdienstige dade dan ook gesien kan word as godsdienstige pligte hier genoem in Mat 6:1.

Mat 6: 1 Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie

Dis maklik vir ons om dinge te doen wat ander mense kan sien, maar Jesus waarsku hier met 3 verdere voorbeelde (Mat 6: 2 , 5, & 12) dat gehoorsaamheid en opregtheid tot eer van GOD se Koningkryk, dit is wat van belang is!

As ons dus dalk ons godsdienstige pligte / dade nie opreg uitvoer nie, is ons ongehoorsaam, in sonde verval, tree ons verkeerd op en daarvoor moet ons besef dat ons onsself oorgee aan die oordeel van GOD;

Paulus gee aan gelowiges In Romeine ‘n siening van die Evangelie en in Romeine 2 gee Paulus ‘n uiteensetting van die “Regverdige oordeel van God”. Ek sien ‘n nie opregte uitvoering van godsdienstige dade as iets wat deur GOD veroordeel sal word en vandaar vind ek hierdie Hoofstuk 2 dan van toepassing. Dis vanselfsprekend dan as ons dus Romeine 2 : 5-8 lees, dat sulke nie opregte dade veroordeel sal word en verseker tot straf deur GOD sal lei.

Romeine 2 : 5-8
5
Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God sy regverdige oordeel sal uitspreek. 6 6 Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade; 7 aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; 8 maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

Ons weet dus nou dat daar ‘n waarskuwing en ‘n straf vanuit die Woord geopenbaar word.

Saamgevat

Uiterlik deur ons godsdienstige pligte / dade kan ons wel geloof uitbeeld, maar

Innerlik sal net jy en GOD weet wat jou opregtigheid is in die uitvoer van jou godsdienstige pligte / dade

Innerlike opregtheid is dan ook iets wat gevorm word deur jou gewete. As gelowige besit jy die Heilige Gees en as jou gewete dan gevorm word deur die Heilige Gees, dan word jy daagliks en uiteindelik ook gevorm om ‘n gewete van GOD te he.

Dus; as jy rein van hart, as jy opreg is, as jou gewete skoon is, as jou gewete van GOD is;

dan is dit wat jy doen verseker die werking van die Heilige Gees in jou
dan is dit wat jy doen sekerlik reg en aanneemlik vir GOD

dan is dit wat jy doen verseker ………tot eer van GOD!

1 comment:

Thys said...

Hi Wieger

Solank jy soos nou nog bekommerd is oor of dit oor Wieger gaan en of dit oor GOD gaan, is jy 100 % OK. 'n Goeie maatstaf vir "nie- rede" daarvoor is as volg;
Satan sal altyd 'n mens probeer oorreed om dinge nie te doen nie en die maklikste manier vir Satan om dit te doen, is juis om self die Woord teen ons te gebruik en jou daarmee te probee aankla.
WANT satan wil nie he jy moet die dinge doen nie; daarom sal jy teenkanting kry en aangeklaag word.

Daar is ook baie verse in die Nuwe testament wat jou dring tot getuienis en goeie werke.
Die skrif gedeeltes wat jy daar aanhaal was meestal direk teen die fariseers gerig wat geweldig wetties geleef het. Die Here ken jou hart en leef jy net voluit vir HOM. Sorg verder net dat jy jou oor oop hou vir die leiding van die Heilige Gees.

Ek hoop ek plaas so 'n bietjie rustigheid in jou gemoed oor die saak.

Groete in Christus

Thys Kemp