Thursday 21 May 2009

Hemelvaart (1): Hartseer of blydskap?


Gisteraand tydens my "Homesel" en ook vanoggend tydens my "Kingdom Seekers sel" is daar 'n afwagting tussen ons gelowiges van blydskap en verheerliking van Jesus se Hemelvaart. Dis vir my 'n "eerste keer" belewenis en ek is self verbaas oor die blye gevoel en opgewondenheid in my. ( nie hartseer soos wat ons ervaar met die afsterwe van 'n familielid nie).

Jannie het vanoggend die Kingdom Seeker Sel aangebied en sy vraag was "wat beteken die Hemelvaart vir jou?" Jannie het dan verskeie verse uit die bybel aangehaal warvan ek dan as volg sommige (my weergawe) aan julle wil deel;

1) Jesus se opdrag is om mekaar lief te he; JOH ANNES15: 10 - 16 (lees in eie tyd ten volle) 10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. 11 "Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 12 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.

2) Jesus se gebed tot eenheid JOHANNES 17: 11 - 23 (lees in eie tyd ten volle) 20 "Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. 21 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is

3) Jesus se finale opdrag MATTEUS 28: 16 - 20 (lees in eie tyd ten volle) 18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: "Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."

Alhoewel hierdie laaste opdragte en gebed aan Jesus se disipels gerig was, is kinders van GOD, almal mos as dissipels geroep tot verkondiging van die evangelie aan die mensdom? (sien ook MARKUS 16: 16).

Ek is dus opgewonde oor die nuwe lewe in my, eks opgewonde oor dit wat Jesus dan ook aan my beloof het, dit wat ek ontvang het in geloof; die hoop, die ewige lewe!!!!!! OPENBARING 22 : 6 - 21 ( lees in eie tyd ten volle) 12 Jesus sê toe weer: "Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. 13 Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde

Dit is my gebed vandag dat die Heilige Gees jul almal sal aanraak en vervul met blydskap, geloof vertroue en afwagting vir sy wederkoms. Gee dan ook, Here Jesus, dat elkeen van ons u liefde sal ervaar, u liefde sal leef en ons medemens sal dien soos dit u opdrag was en is. Dankie Here, vir vergewing van al ons sondes en die ewige lewe deur u ontvang. Dankie vir u voorspraak namens ons daar waar u sit aan die regterhand van GOD.DANKIE VIR U LIEFDE!! AMEN

1 comment:

Jeanie Le Roux said...

Ek bid jou groot seën toe in hierdie spesiale tyd van die kerklike jaar.