Wednesday 8 February 2012

Openbaring - Inleiding Deel 2

Op 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.


Hoe geseend inderdaad sal jy wees as jy lees wat geskrywe staan in Openbaring.

Openbaring as 'n profetiese openbaring gemaak deur Jesus Christus, is letterlik sowel as figuurlik. Hierdie boek moet letterlik opgeneem word behalwe waar dit duidelik simbolies is, en waar dit hoogs onwaarskynlik blyk te wees dat dit letterlik is.

Openbaring is "Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het. (Op 1:3) en was gerig aan die sewe gemeentes in Asie. Dit is egter ook bedoel vir die Kerk van Christus dws. alle gemeentes van Jesus Christus in die eeue wat sou volg.

Die Heilige Geskrifte is nie 'n sistematiese verhandeling, te wete teologie, geskeidenis of wetenskap of enige ander onderwerp nie. Dit is egter wel die openbaring van GOD, van sy plan en doel deur die eeue heen met betrekking tot die aarde en die mens.

Openbaring is die mees wonderlike geinspireerde boek wat presies sy naam impliseer: Dit is 'n OPENBARING!!!

Outeursreg (C) 2011 Raymond D Lombard


Op 22:6-7
(6) En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur. (7) Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar"

Vader, ek so dankbaar vir verlossing deur Jesus alleen, vir ganade en vir die hoop in ons harte deur die krag van die Heilige Gees wat my opgewonde, afwagtend maak op die wederkoms van u Seun, Jesus Christus, my Verlosser, my Saligmaker. In die wonderbare naam van Jesus Christus, gee ek u al die lof en eer.

Amen

No comments: