Friday 24 February 2012

Openbaring 1: Groete aan die 7 kerke


Groete aan die 7 Kerke (Op 1:4-8)

Op 1:4 Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is

Die 7 gemeentes word by name genoem in Op 2-3

Die getal sewe in die Skrifte dui aan volmaaktheid en volkomendheid. Sien onder andere: http://www.biblestudy.org/bibleref/meaning-of-numbers-in-bible/7.html

Die 7 kerke geopenbaar is dus verteenwoordigend van die ganse Kerk en die spesifieke gemeentes genoem verteenwoordig dus die toestand van die ganse Kerk en ook tydvakke wat in die Kerk geskiedenis sou volg.

Die groete vanaf die 7 Geeste dui op 'n kwalatiewe aspek en aldus op die 7 attribute van die Heilige Gees.

Jes 11:2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.

Jesus Christus is die Getroue Getuie, het uit die dode opgestaan, is die Prins van alle konings op aarde en ook die Koning van alle konings, het ons lief, het ons van ons sondes gewas en het ons gemaak konings en priesters vir God.

Op 1:5-6 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed (6) en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Vers 7 is die tema van Openbaring; die wederkoms van Jesus Christus as troos vir die gemeentes!

Op 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

GOD die Vader word genoem die Alfa en die Omega (Op 1:8; 21:6), en

Die naam word ook gebruik en is van toepassing op Seun van GOD (Op 1:11; 22:13)

GOD, die Almagtige, wat instaat is tot alle dinge; Hy heers oor alle dinge en Hy beheer die gang van die geskiedenis en sal alles wat in Openbaring geskrywe staan tot vervulling bring.

Op 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Rights (C) 2011 Raymond D Lombard

No comments: