Wednesday 8 February 2012

Openbaring - Inleiding Deel 1

Gedurende 2011 was ek geseend met die geleentheid om bybelstudie klasse by te woon waarin ek gedurende die jaar lering aangaande die boek Openbaring ontvang het. Ek het ook aan die einde van 2011 my kennis met my Sanlam Sel Groep gedeel en ons het toe besluit om in die jaar 2012 Openbaring te bespreek.


Ek het ook besluit om ons gesprekke to sommeer en dan aan te stuur na jou om te lees. Jy kan in elk geval enige tyd die sel bywoon indien jy dit sou verkies.

As dit, wat ek met jou deel jou belangstelling opwek, dan is daar 'n teks-vir-teks kommentaar / boek beskibaar @ R75 elk. ( Engelse weergave daarvan beskibaar einde Februarie 2012). Wat ek aanstuur vir julle is slegs 'n sommering en 'n volledige beskikbaarheid van die skrywer se lering (Raymond Lombard Ministries) is aan jou beskikbaar as jy die boek en/of A4 notas tov elke hoofstuk ook beskikbaar @ R10 elk, aankoop. Jy kan enige bestellings met my plaas of verkry dit deur die volgende kontak details; Tel 0219391898 of per mail na vekparow@mweb.co.za.

So, waarom die bestudering van Openbaring?

Rev 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Openbaring as 'n bybel boek is afgelei van die Griekse woord apokaluyij 'apokalupsis' menende 'revelation' (Strong's 602), aldus 'n "Openbaring" wat dus as die laaste bybel boek inderdaad die "Die openbaring van Jesus Christus is, wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het" (Op 1:1)

Johannes het dus geskrywe " ..die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur" (Rev 1:19 ) en die boek Openbaring, is dus 'n openbaring (Grieks apo + kalupto = oopmaak) i.e. openbarend , maar tergelyk ook 'n profesie (Op 1:3, 22:7, 10, 18-19) is ook na verwys as 'n profeties - apokoliptiese geskrif wat ons aandui 'n besondere karater ter onderskeiding van die ander boeke in die Nuwe Testatment.

Outeursreg (C) 2011 Raymond D Lombard

Stel jy belang???

Hou dan vol om my gereelde opssoming te lees, versoek ook enige van Raymond se geskrifte, stuur my 'n versoek om jou tot my adresslys te voeg vir uitsending van hierdie opsommings ( email na Totukoningkryk@gmail.com), kom en bepreek enigiets enige tyd, en raak ingelig oor die mees wonderbare openbaring van GOD se Woord.

In die toekoms gaan ek jou so 'n link aanstuur om toekomstige opsommings wat ek saamstel, te kan lees.

Here Jesus, in U wonderbare naam, seen elkeen met U Gees van onderskeiding, verlig ons vanuit u Woord, gee ons 'n passie om U Woord te ondersoek.


Amen.

No comments: