Thursday 16 February 2012

Openbaring 1 : Die Inleiding


Die Inleiding tot Openbaring (Op 1: 1-3)

Rev 1:1-3
Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, (2) wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. (3) Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
  • Die bron van hierdie openbaring is GOD
  • Wat dit gegee het aan sy Seun, Jesus Christus
  • om aan sy dienskenegte te toon (wedergebore, Heilige Gees-gevulde Christen gelowiges)
  • te toon (dws. die tekens met betelenisse van die tekens)
  • Wie dit op sy beurt gegee het vir 'n onbekende engel ('n boodskapper)
  • Om te gee aan sy (Jesus) se dienskneg Johnnes ( dit die Apostel Johnnes)
  • Wie beveel was om neer te skryf alles wat hy gesien het (maw. die tekens met betekenisse)
Alles wat Johannes gesien het rakende die Woord van GOD en die getuienis van Jesus Christus, het Johannes neergeskryf deur middel van tekens, visioene, gesigte en woorde , aldus die tekens met betekenisse van die tekens, en aldus dan GOD se belofte van 'n uitsonderlike Goddelike seen as ons die tekens bestudeer en verstaan.

Rev 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Die studie van Openbaring is aldus 'n studie van die tekens se betekenisse om soedoende te verstaan wat die inhoud van God se openbarings beteken.

Die bestudering van die profesie sal 'n verwagte liefde en honger wakker maak vir die wederkoms van Jesus Christus.

Rights (C) 2011 Raymond D Lombard

http://en.wikipedia.org/wiki/John_the_Apostle
John the Apostle (c. AD 6 — c. 100) was one of the Twelve Apostles of Jesus. He was the son of Zebedee and Salome and brother of James, son of Zebedee, another of the Twelve Apostles. Christian tradition holds that he outlived the remaining apostles — all of whom suffered martyrdom — and ultimately died of natural causes "in great old age near Ephesus".[1] The Church Fathers consider him the same person as John the Evangelist, John of Patmos, and the Beloved Disciple.

Vader, Jesus Christus, mag die lees en bestudering van U openbaring werklikwaar by ons 'n passie en liefde opwakker vir die dag van wederkoms van onse Here Jesus Christus, ons Bruidegom en Koning. Dankie Vader vir U Gees wat ons elke dag lei. Amen.

No comments: