Monday 5 March 2012

Openbaring 1: Die dinge wat jy gesien het - Deel 3/3


Die volgorde van profetiese gebeure (Op 1: 19)


Op 1:19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;

Openbaring is die enigeste boek in die Bybel wat 'n geinspireerde buitelyn het van sy inhoud en daarom is daar geen rede om Openbaring as nie-chronologies gebeure te wil beskou nie. Ook in Openbaring self is daar geen uitspraak wat daarop aandui dat die gebeure nie in 'n tydorde plaasvind nie. Inteendeel, ons lees juis dikwels: "En na hierdie dinge..." (Op 4:1; 7:1,9; 18:1; 19:1).

Anders dan bogenoemde, is daar verskeie perentetiese gedeeltes in Openbaring wat die volgorde in Openbaring onderbreek om meer inligting of detail te gee.

Die struktuur van Openbaring behels dus;
  • Inleiding en groete (Op 1: 1-8)
  • Die dinge wat Johannes gesien het (Op 1:9-20)
  • Die dinge wat is (Op 2-3)
  • Die dinge wat gaan gebeur (Op 6:1 - 18.24), en
  • Die wederkoms van Jesus Christus (Op 19:1 - 20:3), en
  • Die Messiaanse koninkryk (Op 20:4 - 20:15), en
  • Die nuwe en ewige orde (Op 21:1 - 22:9),  en dan finaal
  • Die beloftes en laaste waarskuwings (Op 22: 10 - 22:21)
Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

No comments: