Friday 2 March 2012

Openbaring 1: Die dinge wat jy gesien het - Deel 2/3

Die verrese Here Jesus Christus (Op 1: 12 -18)


Op1:19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;

Johannes draai, sien en skryf dan neer 'n series van beskrywings en openbarings van Jesus Christus. Hy sien Jesus, in all Sy heerlikheid, inderdaad in sy rol vandag as ons Hoe Priester, te midde van 7 kandelare, dit is die 7 gemeentes, en in Sy regterhand hou Jesus vas 7 sterre (engele), dit is die boodskappers / leeraars van die 7 meentes (Op1: 20).

Op1:12-16 AOV Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, (13) en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel. (14) Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam, (15) en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters. (16) En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Jesus gee Johannes, en ons vandag, die versekering dat Hy van die bigin af aan bestaan, Hy is die Begin en die Einde. Hy het die dood oorwin, Hy lewe vir ewig!

Op1:17-18 AOV En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste (18) en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Vader, laat u Gees ons passie vir Jesus vermeerder. Hoe groot is u beloftes vanuit Openbaring dan nie. Heilig, Heilig, Heilig is U, is U Naam, is U Woord, is U Seun Jesus Christus, is U Heilige Gees deur wie ons in vryheid U vandag kan loof en eer. Dankie Vader vir u barmhartigheid en genade. In die Wonderbare naam van Jesus Christus bid ek dit. Here, seen die leser van hierdie openbaring vandag. Amen

No comments: