Om gehoorsaam te wees and die Heilige Gees, beteken “onmiddelike” gehoorsaamheid aan die Heilige Gees. Ek ervaar dus ‘n gedagte / idée as ‘n spreking van die Heilige Gees.
Vir die rede moet ek aan julle (Sanlam Selgroep deelnemers) vertel dat die Heilige Gees aan my geopenbaar het om ons weeklikse vergadering met die regte “toerusting te te bewapen”
As ‘n gids tot die lewe, skryf Paulus in 2 Timoteus 3: 16
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek”
“All Scripture is God-breathed and is useful for teaching, rebuking, correcting and training in righteousness”
Alhoewel Paulus hier na die Ou Testementere siening verwys het, weet ons ook vandag dat Jesus Christus die lewende Woord is , maar ons weet ook dat ons as gelowiges geroep is om die Bybel te gebruik, en dan te weet dat ons daardeur volkome toegerus sal wees om ons lewe toe te rus soos GOD dit wil he.
Om ‘n lang storie kort te maak, kom bogenoemde en seker nog vele ander verse vanuit die Bybel daarop neer dat ons die woord, dan gesien as ‘n menslike boek (Bybel), moet leer ken, verstaan en kan profeteer.
Ek voel dus deur die Heilige Gees geroep om julle te vra of ons as deel van ons “wapentoerusting vir ons vergaderings”, elkeen ‘n Bybel kan saambring wat ons dan , vertrou ek, gereeld sal gebruik om na toe te verwys en aan te haal.
Ek kan GOD nie genoeg bedank vir inspirasie en werking van die Heilige Gees in my nie en ek vertrou jul sal hierdie insig ook ervaar as een vanaf die Heilige Gees ontvang.
No comments:
Post a Comment